Library

Anderse Woordeboekie

Hierdie gebruikersvriendelike, unieke, “anderse” woordeboekie en Taalleer kan vanaf Graad 4 tot graad 12 deur Afrikaans addisionele taalleerders gebruik word.

Jarelange ondervinding in die klaskamer het die skrywer bewus gemaak van leerders se onvermoë om altyd korrekte woorde in ‘n woordeboek na te slaan. Die doel van hierdie unieke boekie is om dit makliker te maak om gou die regte woord op te spoor; daarom is die boek in kategorieë ingedeel en geïllustreer.

Afdeling A en B is ‘n mini-woordeboekie wat onderskeidelik woorde wat in taalstrukture gebruik word, en woorde uit alle moontlike onderwerpe dek. In Afdeling C word al die taalreëls verduidelik. Soms word reëls, wat leerders moeilik vind om te verstaan, in Engels verduidelik. Tweede taal leerders sal beslis hierby baat.

Skryfwerk en Taalvaardighede vir ‘n tweede taal leerder sal beslis vergemaklik en meer geniet word, aangesien woorde in ‘n betrokke kategorie nageslaan kan word en die Engelse verduideliking van die reëls dit makliker maak om te begryp.

  • Size: A4
  • Full colour
  • Page count: 200